Aan alle IOL studente

Van Sunel Naudé

My onderwysloopbaan begin met ‘n lang draai, geïnspireer deur my seun se Graad 2 onderwyser in 2012.

‘n Agt jarige seun met ‘n droom om eendag Dux-leerling in sy skool te wees, en sy juffrou wat hom aanspoor om net harder te werk, het my as ouer laat besef ek kan betrokke raak by onderrig. JC se goeie uitslae het gou vir my gewys dat dit my roeping is en dit wat ek vir my eie kind beteken kan ek vir soveel ander kinders bied.

Ek het in Januarie 2015 besef dit is tyd om die bul by die horings te pak en op my gevorderde ouderdom te begin studeer. Na vele ondersoek was dit vir my vanselfsprekend dat IOL defnitief die beste keuse is met ‘n 10% hoër slaagsyfer in vergelyking met ander instansies. Ek was oortuig dat ek by IOL kwaliteit onderrig sou ontvang.

Van dag een het IOL se goeie diens, uitstaande gehalte studiemateriaal en eksamenvraestelle bewys dat ek die regte keuse gemaak het.
Ek was geseënd om DPPE in 2jaar en 3maande te finaliseer met 30 vrystellings en ‘n gemiddeld van 82% oor drie jaar. Dit was ten volle te danke aan IOL se puik sisteem. Ek begin nou met ACPE.

Ek is ’n student, onderwyser, ouer en ’n eggenoot. Met my prioriteite op die regte plek is die nuwe uitdaging weereens iets wat my elke dag op my tone hou en ek dank die HEER vir my gawes wat my staande hou.

Ek is in Januarie 2018 aangestel by Keetmanshoop Privaatskool (KPS) as Wetenskap onderwyser vir Graad 4-9 en volg elke dag my onderwysdrome tot die uiterste. Ek geniet die uitdagings van hoe om ‘n les op sy interessantste voor te berei en seker te maak ek hou elke kind se aandag. KPS bied vir my ‘n geleentheid om myself op verskillende terreine te bewys en deel te wees van ‘n wenspan!

Dankie IOL

Scroll to Top